Welkom – Kwartaal 4
VOO-fase Tutors, Fasiliteerders & Sentrum-eienaars

Welkom by die laaste kwart van die akademiese jaar – Kwartaal 4. Hierdie tydperk is van kardinale belang vir ons leerders se sukses, en ons wil graag ons waardering uitspreek vir die toewyding en harde werk wat elkeen van julle deur die jaar gelewer het.

Neem asseblief kennis van die volgende belangrike take en assesserings vir Kwartaal 4:

  1. Landbou Bestuurspraktyke PAT – Finale indienings is hierdie kwartaal. Maak asseblief seker dat alle take voltooi en geassesseer is.

  2. Design Arts – Uitstalling – Riglyne is beskikbaar in die vaklêer. Help asseblief leerders om deeglik voor te berei.

  3. Visual Arta – Uitstalling – Riglyne is beskikbaar in die vaklêer. Verseker dat alle voorbereidings betyds afgehandel word.

  4. Dramatic Arts PAT’s – Hierdie take sal heruitgevoer word tydens die Finale Eksamen-siklus as deel van die eksamenpunt. Moedig leerders aan om hul werk tot perfeksie te oefen.

  5. Taal Mondelinge Assessering – Hierdie assesserings is voltooi vir die jaar. Punte sal outomaties deurgetrek word na D6 Principal Plus en by die finale jaarpunt ingereken word.

  6. Ingenieursgrafika en -Ontwerp – Die Kursus-tekeningstaak is in die vaklêer beskikbaar. Leerders moet hul Praktiese Assesseringstake (PAT) finaliseer. Punte moet ingevoer word vóór die aanvang van die Finale Eksamen-siklus.

  7. Ander PAT-vakke – Leerders wat Rekenaartoepassingstegnologie, Verbruikersstudies, Gasvryheidstudies en Toerisme neem, moet hul PAT’s ook finaliseer. Punte moet ingevoer word voor die finale eksamens begin.

  8. Wiskunde – ’n Kwartaaltoets is beskikbaar in die relevante vaklêer. Maak seker dat dit afgeneem en gemodereer word soos vereis.

Terwyl ons na die Finale Eksamen-siklus beweeg, moedig ons alle personeel en leerders aan om gefokus en doelgerig voor te berei. Laat ons saamwerk om hierdie jaar suksesvol af te sluit.

Baie dankie vir jou volgehoue toewyding en harde werk deur die jaar. Laat ons sterk eindig!

Mindscape Education

Assessment & Examiantion Team